Gedagte vir die dag: Drink uit sy kruik   

Liefde_seesand_Stiltetyd.jpgWanneer my probleme my onderkry, het U my elke keer gehelp, Here. U sorg vir u kinders met liefde! (Psalm 94:18)   

Jy is heel waarskynlik ’n géé-vrou: Iemand wat altyd beskikbaar is vir ander, help waar jy kan, die mense om jou ondersteun en jouself onselfsugtig gee. Dis juis omdat jy vróú is dat jy daarvan hou om jou menswees en liefde spontaan met ander te deel. Jy is as’t ware jou God se mond, hande en voete hier op aarde. En daarom juig jou Vader oor jou!

Maar … vroue kan ook leeg-gegee raak! Daar kan ’n tyd kom wat jy soveel van jouself gee dat daar niks van jóú oorbly nie. Daarom is dit so belangrik dat jy gereeld jou lewenskruik by jou Vader sal vol maak en dat jy – ongeag al die eise van ander – selfsugtig oor spesiale tyd saam met Hom sal wees. Onthou Leo Tolstoi se woorde: God is die Een sonder wie niemand kan leef nie.

Daar is Iemand wie se goedheid nooit opraak nie. Dit is die Een wat jou gereeld wil vul met sy liefde uit die kruik van sy hart.

Vader-God, dankie dat ek ’n oormaat bederf-liefde by U kan kry.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tim ·

Baie dankie vir die oggend oordenkings , maar ek wil tog vra , probeer asb dat die aanbieders van die dag stukkies dit vir mans en vroue aanbied .

Groete

Louise ·

Ek wil net, met geen kritiek oor jou boodskap, sê as die boodskap vanoggend vir mans en voue geskryf was, sou dit min vir my beteken het! Ek het vanoggend daai woorde opgeslurp want ek is daai leeg-gegeede vrou, ek het vanoggend die boodskap so waardeer, ek sit hier en sê Here bemoedig my en vul my met U vrede en ek lees dié en al wat ek kon sê was “Dankie getroue Here dat U my vul met U vrede”! Seën vir elkeen van u!!

Koos ·

Solank die kruik se water in wyn verander is sal ek van hom drink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.