Gedagte vir die dag: Dwaalweg, kruisweg          

Pad_vurk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie. (Psalm 14:3)

Dawid merk in hierdie psalm op dat alle mense sondig is, nie net dwase of goddelose mense nie – álmal het afgedwaal. Hy sê: Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. Ons aanvaar dit dus as ’n feit dat alle mense sondig is. Onthou dat die wese van die sonde ons “ekkigheid” is, ons selfgesentreerde “vlees”, wat onafhanklik wil wees van God, wat sy eie ding wil doen en maar net op sy eie behoeftes en begeertes gerig is. Dis ons almal se “sondige natuur”.

Die antwoord daarop is ’n radikale onderwerping aan God (dit wil sê bekering) en wat Jesus noem “die kruis opneem”. Op daardie kruis van dissipelskap word die “eie ek” of die “ou mens” daagliks afgesterf en leer leef ons vir God en vir ander. So word ons meer soos God, wat nie koppig, eiesinnig of selfgesentreerd is nie. Die kruisweg is ons pad.”

Here Jesus, help my met my kruis, want dit is swaar. U kén kruisdra. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.