Gedagte vir die dag: Dwase se geloof    

riet_veld_gras_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. (Psalm 14:1, Bybel in Afrikaans 1933/1953)     

Ook in Dawid se tyd het mense gewonder of daar werklik ’n God is. Die rede daarvoor was dat sondaars “ontdek” het dat hulle oënskynlik kan wegkom met hulle bedrog en geweld: Kyk, ons kan doen wat ons wil, daar is geen gevolge, geen afrekening – geen God nie! Dawid sê dis dwaas, want dit maak nie voorsiening daarvoor dat daar uiteindelik ’n afrekening sal kom nie.

Deesdae is mense ateïste om “wetenskaplike” redes. Hulle sê God kan nie “bewys” word nie. Dis ewe dwaas! God kan inderdaad nie wetenskaplik bewys word nie, want Hy is per definisie onbewysbaar – Hy pas onder geen instrument in nie, en kan nie empiries gemeet of mee geëksperimenteer word nie. As iemand dit kon doen, sou hy onmiddellik groter wees as God. God moet aanvaar, geglo word. As ons God egter aanvaar in geloof, word Hy deel van ons belewing, van ons realiteit. ’n Gelowige vra nie na bewyse vir God nie. Hy beleef God elke dag.”

Lewende God, ek het geen bewys vir u bestaan nodig nie – U is my grootste werklikheid. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.