Gedagte vir die dag: Eenheid tussen gelowiges

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (Ef 4:1-3)

Van die volk van God is nog altyd verwag om volgens God se riglyne te lewe. Dit beteken dat jy met jou manier van lewe sal bewys dat jy God liefhet en sy gebooie gehoorsaam. Om ’n geroepene van Christus te wees beteken voorts dat jy daadwerklik toegewy sal wees aan God en die taak waarvoor Hy jou geroep het. As Christene is elkeen van ons geroep om die eenheid van die kerk in ons verhoudings met ander Christene te demonstreer.

Hierdie eenheid wat God van jou vra, kom nooit van self nie. Dit moet doelbewus beoefen word, wat nie kan gebeur wanneer selfsug en eiebelang nog in jou lewe die botoon voer nie. Christene word opgeroep om altyd beskeie te wees en mekaar vriendelik en geduldig te behandel. Omdat dit teen jou selfsugtige natuur indruis, gaan jy dit nooit vanself regkry nie, maar die werking van die Heilige Gees in jou lewe maak dit vir jou moontlik. Christene behoort ook in vrede met mekaar te lewe en gewillig te wees om mekaar te vergewe en mekaar ten spyte van hulle verskille onvoorwaardelik te aanvaar. Hoe lyk dit – kan jy dit al regkry?

Here, ek sukkel so om my mede-Christene te aanvaar, om geduldig en verdraagsaam teenoor hulle op te tree. Help my as seblief om dit reg te kry. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

agnes ·

baie dankie vir die gedagte vir die dag, dankie Maroela,julle is tops. Ek bid julle sterkte en sukses toe en dat alle Afrikaanssprekende mense by julle sal aansluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.