As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees? (Matteus 16:25, 26)
In dieselfde asem wat Jesus vir sy dissipels gesê het dat hulle hulleself moet verloën as hulle Hom wil volg, kom ons teksvers aan die orde. Dit impliseer dus duidelik selfverloëning beteken dat jy vrywillig jou lewe sal prysgee. Bedoel Jesus dan dat ek niks anders as ’n willose slaaf moet wees nie? Nee, Jesus wil glad nie willose slawe hê nie. Hy wil volgelinge hê wat uit liefde vir Hom bereid is om hulle hele lewe aan sy wil ondergeskik te stel. Dan gaan dit nie oor slawerny nie, maar oor liefde.
Wanneer Jesus sê dat iemand wat sy lewe wil behou dit sal verloor, bedoel Hy mense wat meen dat hulle volkome in beheer van hulle lewens moet bly. Hulle behou hulle lewe deur niks daarvan weg te gee nie, deur dit selfsugtig net tot eie voordeel te benut.
Om jou lewe ter wille van Christus te verloor, is nie ’n verlies nie. Jy gee wel prys, maar jy ontdek terselfdertyd die vreugde van diens aan ander wat deur jou lewe verryk word.
Ek wil my lewe aan die Here toewy en Hom volg dankie vir alles wat U vir my en family gedoen het en wat U nog vir ons gaan doen dankie HERE dankie
Amen.Mag ons almal nederig word. Besef dat die Here elkeen in die land lief het.
Amen