Gedagte vir die dag: Eerste liefde

(Foto: Unsplash)

Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het. (Openbaring 2:4)

Ons moet altyd daarteen waak om nie ons eerste liefde te versaak nie. Wanneer ons gehoorsaam is aan God, sal dit met ons goed gaan.

In 2003 het ek die uMkhuze-wildreservaat besoek om ’n bietjie te rus. Ek was moeg, want ek het vir ’n lang tyd sonder ophou gepreek. Terwyl ek daar was, het hierdie teksvers by my opgekom en my geskud. Jy sien, ek het oor die hele wêreld heen gepreek. Ek het gedink ek doen sulke goeie werk vir die Here, maar Hy het vir my gesê: “Ek het hierdie klag teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het.” Ek was verpletter.

Die Here het deur sy woord met my gepraat en ek kon aanvoel hoe Hy vir my sê: “Gaan huis toe. Kanselleer al jou afsprake en word ’n mentor vir jong manne. Daar is so min geestelike vaders in die wêreld.” Daarom het ek huis toe gegaan. Ek het elke afspraak gekanselleer en ’n e-pos uitgestuur met die eenvoudige boodskap: “Kom plaas toe. Ek wil met julle praat.”

Die eerste jaar het 240 mans opgedaag; 600 die tweede jaar en 1 000 mans in die derde jaar. Dit het aanhou groei en groei. In 2008 het ons die grootste tent gehuur wat ons nog ooit gesien het. Daardie jaar het 60 000 mans opgedaag; daar was 30 000 mans binne die tent en 30 000 buite die tent. In 2010, nadat die grootste groep mans nog opgedaag het, het die Here vir my gesê: “Hou nou op, gee hierdie verantwoordelikheid nou oor aan iemand anders.”

Daar vind vandag Mighty Men-byeenkomste oor die hele wêreld plaas. En dit is omdat ek na God se Woord geluister het. Doen jy vandag ook wat Hy vir jou sê – Hy sal deur sy Woord met jou praat.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.