Gedagte vir die dag: Die eerste vyf minute ná die dood

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Lees: Johannes 3:10-20

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17)

Die president van die AGS-kerk in Suid-Afrika het ’n blitsverkoper geskryf waarvan daar al meer as 100 000 eksemplare verkoop is. Die naam van hierdie boek is Die eerste vyf minute ná die dood.  Dr. Isak Burger beweer dat elke mens vyf minute ná sy of haar dood sal ontdek of dit wat hulle op aarde geglo het, waar of vals was.  Vir Christene sal dit ’n wonderlike vyf minute wees, want ons weet seker dat, as Jesus ons verlos het, het Hy reeds ons plek in die hemel gereedgemaak.  Maar vir ongelowiges sal dit vreeslik wees om te besef dat hulle vir altyd verlore is omdat hulle nie Jesus as hulle Verlosser aangeneem het nie.

God het jou so lief dat Hy nie huiwer om sy Seun na die wêreld te stuur om die losprys vir jou sonde te betaal nie.  Almal wat in Jesus glo, hét nou, in hierdie lewe, reeds die versekering dat hulle eendag na hulle dood die ewige lewe sal verkry; hulle weet ook dat God nou reeds ons sonde vergewe op grond van Jesus se versoeningsdood.

Is jy doodseker dat jy jou hemelse toegangskaartjie het omdat jy in Jesus glo?  Dit is nog nie te laat om jou lewe nóú vir Hom te gee as jy nie geloofsekerheid het nie.

Here Jesus, dankie dat U vir my die voorreg verdien het om hemel toe te gaan en dat ek seker mag wees dat U reeds my plek daar gereedgemaak het.

Bron:
Leef in Sy lig deur Nina Smit
Uitgewer: Struik
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Piet ·

Ek het nog nooit die boekie gelees nie maar as mens die bybel bestudeer van Genesis tot openbaring is dit duidelik dat wanneer jy doodgaan gaan jy nerens. Jou bendere lê maar net en wag vir die eerste of tweede opstanding. Jesus het dan ook verklaar dat niemand het opgevaar na die hemel nie behalwe die een wat neer gedaal het uit die hemel naamlik die seun van die mens wat in die hemel is.
Selfs Martha het dit geweet toe haar broer dood is en sy vir Jesus gesê het dat sy weet hy sal in die laaste dag opgewek word

MCH ·

Hoekom verkondig ons predikante leerstellings van mense?
Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Nie Elia, Henog, die rower wat saam met Jesus gekruisig is nie, Lazarus , verheerliking op die berg en wie ook al nie. Genade mense, daar is 33000 verskillende Christelike denominasies! Bewys alles vir jul self en los die luiheid! Byvoorbeeld, die geval van die rower wat saam met Jesus gekruisig is: Lukas 23:43. Die Nuwe Testament is uit Grieks vertaal en die Grieks waaruit die vertaling gedoen is het GEEN leestekens gehad nie. Die vers moet as volg lees want die Woord breek homself nooit: En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek se vir jou vandag, jy sal saam met my in die Paradys wees. Jul het die komma verkeerd geplaas. Jesus verwys hier na wanneer Hy terugkeer aarde toe om Sy koninkryk op aarde te vestig. Née dr. Burger, Ons gaan nie hemel toe nie! Ons is in die graf tot Jesus terugkeer en dan is daar ook meer as een opstanding. Openbaring 12:9 se Satan het die hele wereld mislei, dit sluit ons almal in.

MCH ·

Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Nie Elia, Henog, die rower wat saam met Jesus gekruisig is nie, Lazarus , verheerliking op die berg en wie ook al nie. Genade mense, daar is 33000 verskillende Christelike denominasies! Bewys alles vir jul self en los die luiheid! Byvoorbeeld, die geval van die rower wat saam met Jesus gekruisig is: Lukas 23:43. Die Nuwe Testament is uit Grieks vertaal en die Grieks waaruit die vertaling gedoen is het GEEN leestekens gehad nie. Die vers moet as volg lees want die Woord breek homself nooit: En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek se vir jou vandag, jy sal saam met my in die Paradys wees. Jul het die komma verkeerd geplaas. Jesus verwys hier na wanneer Hy terugkeer aarde toe om Sy koninkryk op aarde te vestig. Née dr. Burger, Ons gaan nie hemel toe nie! Ons is in die graf tot Jesus terugkeer en dan is daar ook meer as een opstanding. Openbaring 12:9 se Satan het die hele wereld mislei, dit sluit ons almal in.

MCH ·

Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens.
Amen op Piet se kommentaar. Dis hoekom daar 33000 Christelike denominasies is.

Nico ·

Daar is nie 33000 verskillende ‘denominasies’ nie. Not even by a long shot. Dit is ‘n getal wat deur Rooms Katolieke apologete uit hulle duim gesuig is.

MCH ·

Amen op Piet se kommentaar. Johannes 3:13 , Jesus se eie woorde.

MCH ·

Amen op Piet se kommentaar. Lees Jesus se eie woorde in Johannes 3:13.

Piet ·

MCH, ek kan nog ander voorbeelde gee maar dit is baie tikwerk. Jammer MM laat nie copy & paste toe nie want ek ek het so klein skrywe al hieroor gedoen. Paulus het ook beskryf hoe die regverdiges in die laaste dag opgewek gaan word. Hoekom opgewek word as jy kwansuis reeds by die Vader is? Maak nie sin nie.

Annatjie Kruger ·

2 Konings 2:11 En terwyl hulle (Elia & Elisa) aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elia het in die storm na die hemel opgevaar.
Mat 17:3 En kyk, daar verskyn aan hulle Elia en Moses in gesprek met Hom.

Piet ·

Weerspreuk die bybel dan homself. Wie moet ons dan glo? Verduidelik dan asb hoekom is die opstandings nodig indien al die regveridiges alreeds in die hemel is.

Psalm 146:4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

Prediker 9:5 Want die lewendes weet dat hul moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hul nagedagtes word vergeet.

Job 14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slap opgewek nie.

Carissa ·

Ek het gelees dat mense weet of gaan hul met Jesus wees of nie, nie dat hul by Jesus is nie…. Ek dink op mens se laaste gaan mens definitief weet in jou binneste of is jou saak met die Here reg of nie.

Jenny Connoway ·

Ons gaan pappie mis. Pappie laat n leemte wat niemand kan beskryf nie. Liefde Jacques en Jenny

Jenny Connoway ·

Ons gaan pappie mis. Pappie laat n leemte wat niemand kan beskryf nie. Liefde Jacques en Jenny

Agathe ·

..een saak is beslissend, sodra ek sterf, onmiddellik, staan my gees deur Jesus Christus, voor die Troon van die GOD . Indien jy glo, as gelowige, dat jy eers slaap na jy gesterf het, sal jy my moet sê, waar jou gees slaap en hoe jou gees geslaap kry?

Piet ·

Hoe weet jy dit? Die bybel se indien jy sterf keer jou gees (lewende asem) terug na ons Vader. Goed of sleg. Nerens sal jy lees dat n mens direk hemel of hel toe gaan nie.

Stellie ·

AL wat ek wil weet…. is…. HOE weet die skrywer wat gebeur na die dood?

Piet ·

Goeie vraag. Is dit omdat hy n doktor is of omdat dit oor geldmaak gaan?

Phoebe de Villiers ·

Eks so dankbaar dat ek nog in ‘n skool was waar ons Godsdiens gerespekteer het. Vandag werk ek by die staatsdiens, waar ons alle gelowe bymekaar kom en elke dag open ons met gebed. Hoekom moet ons ons God en Verlosser ontken? Ek glo deur Hom te ken sal ek hemel toe gaan en dit maak nie saak in watter geloof ek glo nie. Die belangrikste is om aan die Drie enige God te glo en dan sal alles regkom. Ek bid vir almal wat so verward is. God seën julle!!

Philip Koen ·

Belaglik!! Skryf ‘n boek oor wat vyf minute na jou dood gebeur, so asof die skepsel dit al beleef het, en dan die klomp goedgelowiges wat dit koop…

MCH ·

Elia se geskiedenis in 2Konings. Waar hy weggeneem is, direk na n Nuwe Koning aan bewind kom. Tien jaar later, is die perd so goddeloos dat wie vir hom n brief skryf, Elia, 2Kronieke 21. Die verheerliking op die berg, na hul weggaan se Jesus, moet niemand iets van die gesig vertel nie. Dit was dus n visoen. Ek het al die gevalle ondersoek, niemand is hemel toe nie. Almal wag vir Jesus se terugkeer. Onthou ook die Bybel praat van 3 hemele, atmosfeer, sterrehemel en waar God se troon is. Annatjie.

Ange ·

Dis hoekom die ou mense soos my Oupagrootjie net die Bybel gelees het. Die Bybel is die Woord van God en dus die waarheid. Die res moet mens versigtig mee wees. Teveel mense wil net geld maak uit God se naam uit.

Sanet ·

Het enige van julle al hierdie boekie gelees? Piet? Het jy dit gelees? Dalk, net DALK moet julle dit eers lees voor julle menings kwytraak en iemand wat werklik nodig het of ‘n ernstige behoefte het om dit te lees, negatief beinvloed om dit nie te lees nie….

Louis strydom ·

Piet ek stem saam joh 8 vers 32 se die waarheid sal jou vry maak

Louis strydom ·

2 tim 3 vers 16 en 17 god se woord is geinspireer nie “DR BURGER ” nie

Frans C ·

Die Lukasvers in hedendaagse Afrikaans lees soos volg:
Lukas 23 vers 43.”ek het baie goeie nuus vir jou,”het Jesus dadelik geantwoord.”Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie.Nee,jy gaan saam met My na die Paradys toe.Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak.”

En waar is die Paradys.Beslis nie ‘n plekkie in ons heelal nie.Ons weet uit die wetenskap dat die gebeuretenis wat gelei het tot die ontstaan van ons heelal biljoene jare gelede plaasgevind het.

Voor die tyd was daar niks wat ons kon waarneem nie. Al wat daar was was ‘n oneindigheid
‘n grenslose dimensie, waarin die Skepper van hemel en aarde oneindig bestaan het en die Oorsaak is waardeur alles onstaan het.

Ons heelal het ‘n begin en einde en is dus meetbaarbaar.Omdat dit in ‘n oneindigheid bestaan kan dit steeds groter word en ‘dryf’ die maan so’n twee sentimeter per jaar van ons af.

Die “paradys’ lê dus in die oneindiheid waar die oneindige Skepper is.Vandag kan beteken hierdie dag maar vandag volg altyd na ‘n nag, ‘n tydperk van donker.Dus kon Jesus ook bedoel het wanneer dit weer lig word,die nag is verby en jy jou geestelike oë oopmaak,netsoos jou vleeslike oë na ‘nnag ‘n slaap is jy met my en nie in die doderyk nie.

Jy is onbewus daarvan dat jy geslaap het.

Nel ·

Die belangrikste oomblikke in ‘n mens se lewe is die eerste vyf minute na die dood. Die woorde het by my vasgesteek en my laat dink: Waarom vyf minute na die dood? Toe het ek besef dat hierdie eerste oomblikke na die dood elke mens wat op aarde geleef het, duidelik en finaal tot die besef sal laat kom dat dit wat hy of sy in hierdie lewe geglo of nie ge-glo het nie, waar en die moeite werd was of nie was nie. Dit sal die wonderlikste oomblikke wees vir die wat dan besef: Dit wat die Bybel geleer het, is waar; my verlossing deur Christus, my weergeboorte, was eg; my toewyding en geloof was die moeite werd. Aan die ander kant sal dit ‘n oomblik van die grootste ontnugtering en wanhoop wees vir die onverskillige, die ongelowige, die ateis en die agnostikus, wanneer die finaliteit en vreeslikheid van God se oordeel oor hulle losbreek. (vervolg onder)

Nel ·

“Vir die ongelowige sal alles dan te laat en tevergeefs wees. Die eerste vyf minute na die dood – vir sommige die wonderlikste oomblikke, vir ander die vreeslikste oomblikke van hulle bestaan. Ek besef dat ‘n mens eintlik nie van vyf minute na die dood kan praat nie, want met die dood beweeg ons in ‘n dimensie in waar tyd nie meer bestaan nie.Die verhaal wat Jesus vertel het en waaroor ek met jou in hierdie boek gesels, speel egter direk na die dood af, toe die afgestorwenes aan die ander kant aankom en die werklikheid van die lewe na die dood ontdek. Vir ons wat nog in die dimensie van tyd en ruimte leef, maak dit dan net sin om van vyf minute na die dood te praat. ”
-Eerste 5 Minute Na Die Dood, Die: Wat Gebeur as ‘n Mens Sterf? -Dr Isak Burger

Nel ·

Die gedeeltes hierbo is ‘n kort samevatting van die inhoud van Isak Burger se boekie.

Janette Bruwer ·

Al wat vir my belangrik is is dat ek weet en glo daar is ‘n God en dat ek aan hom wil behoort met my hele verstand, liggaam en siel. Dan maak die eerste 5 min na die dood nie vir my saak nie, want Jesus het ook vir my sonde gesterf en ek sal gered wees.

WitBlits ·

As ek so deur die kommentare lees is dit nogal opmerklik dat die Fariseer en Sadduseers nog floreer in die moderne samelewing en nie saam met die Romeinse ryk uitgesterf het nie.

Nel ·

Die Fariseer- en Sadduseermentaliteit sal vir ewig en altyd deel van menswees wees..

E ·

Of dit nou direk na die dood of met Jesus se koms gaan wees? …. Al wat belangrik is, is dat ons gereed moet wees.

Francois ·

Al wat ek weet is dat as die basuin blaas gaan ek in die Hemel wees. My hart behoort aan die Here van die leërskare. Die fynskrif maak nie vir my saak nie! Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.