Gedagte vir die dag: Die eerste vyf minute ná die dood

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Lees: Johannes 3:10-20

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Johannes 3:16-17)

Die president van die AGS-kerk in Suid-Afrika het ’n blitsverkoper geskryf waarvan daar al meer as 100 000 eksemplare verkoop is. Die naam van hierdie boek is Die eerste vyf minute ná die dood.  Dr. Isak Burger beweer dat elke mens vyf minute ná sy of haar dood sal ontdek of dit wat hulle op aarde geglo het, waar of vals was.  Vir Christene sal dit ’n wonderlike vyf minute wees, want ons weet seker dat, as Jesus ons verlos het, het Hy reeds ons plek in die hemel gereedgemaak.  Maar vir ongelowiges sal dit vreeslik wees om te besef dat hulle vir altyd verlore is omdat hulle nie Jesus as hulle Verlosser aangeneem het nie.

God het jou so lief dat Hy nie huiwer om sy Seun na die wêreld te stuur om die losprys vir jou sonde te betaal nie.  Almal wat in Jesus glo, hét nou, in hierdie lewe, reeds die versekering dat hulle eendag na hulle dood die ewige lewe sal verkry; hulle weet ook dat God nou reeds ons sonde vergewe op grond van Jesus se versoeningsdood.

Is jy doodseker dat jy jou hemelse toegangskaartjie het omdat jy in Jesus glo?  Dit is nog nie te laat om jou lewe nóú vir Hom te gee as jy nie geloofsekerheid het nie.

Here Jesus, dankie dat U vir my die voorreg verdien het om hemel toe te gaan en dat ek seker mag wees dat U reeds my plek daar gereedgemaak het.

Bron:
Leef in Sy lig deur Nina Smit
Uitgewer: Struik
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet

Ek het nog nooit die boekie gelees nie maar as mens die bybel bestudeer van Genesis tot openbaring is dit duidelik dat wanneer jy doodgaan gaan jy nerens. Jou bendere lê maar net en wag vir die eerste of tweede opstanding. Jesus het dan ook verklaar dat niemand het opgevaar na die hemel nie behalwe die een wat neer gedaal het uit die hemel naamlik die seun van die mens wat in die hemel is. Selfs Martha het dit geweet toe haar broer dood is en sy vir Jesus gesê het dat sy weet hy sal in die laaste dag… Lees meer »

MCH

Hoekom verkondig ons predikante leerstellings van mense? Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Nie Elia, Henog, die rower wat saam met Jesus gekruisig is nie, Lazarus , verheerliking op die berg en wie ook al nie. Genade mense, daar is 33000 verskillende Christelike denominasies! Bewys alles vir jul self en los die luiheid! Byvoorbeeld, die geval van die rower wat saam met Jesus gekruisig is: Lukas 23:43. Die Nuwe Testament is uit Grieks vertaal en die Grieks… Lees meer »

MCH

Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Nie Elia, Henog, die rower wat saam met Jesus gekruisig is nie, Lazarus , verheerliking op die berg en wie ook al nie. Genade mense, daar is 33000 verskillende Christelike denominasies! Bewys alles vir jul self en los die luiheid! Byvoorbeeld, die geval van die rower wat saam met Jesus gekruisig is: Lukas 23:43. Die Nuwe Testament is uit Grieks vertaal en die Grieks waaruit die vertaling gedoen is het GEEN… Lees meer »

MCH

Johannes 3:13: En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens.
Amen op Piet se kommentaar. Dis hoekom daar 33000 Christelike denominasies is.

MCH

Amen op Piet se kommentaar. Johannes 3:13 , Jesus se eie woorde.