
Foto: Crosswalk.com
Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. (1 Korintiërs 15:3-4)
Mens kry egte hoop en verdunde hoop. Verdunde hoop is wanneer jy wens iets gaan gebeur al weet jou gesonde verstand dit gaan nie gebeur nie. Egte hoop is verwagting met ’n rede. Vandat Christus gekom het, het ons, wanneer ons hoop op dit wat Christus belowe het, ’n rede vir egte hoop. Hy het iets groots afgelewer – die oorwinning van die dood. Dít gee vir my rede om te glo dat Hy die ánder dinge wat Hy belowe het ook sal gee.
Jesus het uit die dood opgestaan. Dit bewys Hy kán, Hy is God. Sy opstanding was iets ondenkbaars en onverwags, nie wensdenkery van goedgelowige dissipels nie. Daarom kan ons hóóp en rustig wag vir wat Jesus gaan laat gebeur. Raak rustig.
Lees 1 Korintiërs 15:4, en sommer die hele hoofstuk, as basis dat ons met egte hoop mag hoop.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Amen