Gedagte vir die dag: Egte navolgers

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers. (Johannes 8:31)

Om in ’n hegte verhouding met Jesus te leef, is meer as net ’n oppervlakkige geloof dat Hy bestaan. Om Jesus werklik te ken en in Hom te glo, vereis volkome oorgawe en gehoorsaamheid aan sy woord en eise. Ons lees in die Evangelies van mense wat aanvanklik beïndruk was deur Jesus se boodskap en sy wonderwerke, maar tog uiteindelik van Hom af weggedraai het omdat hulle nie kans gesien het vir die eise van sy dissipelskap nie.

Om Jesus waarlik te volg, beteken om jou eie wil te versaak en God se koninkryk voorop te stel. Dit is verseker nie maklik nie, maar die beloning is ’n ewige kroon van heerlikheid.

Vader-God, hou my baie naby aan U sodat ek u wil kan leer ken en volg. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.