Gedagte vir die dag:  Egtheid van geloof

Sonsondergang_aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. (1 Petrus 1:6-7)

Kinders van God kan bly wees oor swaarkry en allerhande ander dinge wat nie vir hulle lekker is nie, omdat hulle weet dat God hierdie dinge positief in hulle lewe gebruik om die egtheid van hulle geloof te bepaal.

Soos die suiwerheid van goud met vuur getoets word, toets God die egtheid van jou geloof deur jou hier op aarde te laat swaarkry. Laat dié wete jou help om selfs te midde van beproewing bly te wees in die Here.

Wanneer ons alles in die hande van die soewereine en alwyse God plaas, kan ons met ’n glimlag die probleme van die lewe die hoof bied en al ons teleurstellings oorkom. ~ Ralph Heinen

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.