Gedagte vir die dag: Ek as rolmodel

Pa_seun_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar jy, Timoteus, het my onderrig getrou gevolg, hoe ek lewe en wat my doel in die lewe is. Jy ken my geloof en hoe lank ek al gely het. Jy ken my liefde en my geduld en verdraagsaamheid. Jy weet hoeveel vervolging en lyding ek verduur het. (2 Timoteus 3:10-11)

Die eerste manier waarop ons leer, is deur dinge na te aap. Ons leer praat, loop, lag, vat, eet, handjies klap en duisend ander dinge deurdat ons dit na-aap. Ons leer ongelukkig ook baklei, kwaad word, vloek en nog honderd ander sondes soos ons na-aap. Daarom is ek baie soortgelyk aan my pa en ma en gaan my kinders soos ek wees.

Die grootste invloed wat jy op iemand kan hê, is daarom nie deur wat jy sê of probeer leer met woorde nie, maar deur jou dade. Jy is ’n leermeester vir elkeen wat jou dophou. Jy kan byvoorbeeld die lewe vir hulle makliker maak bloot deur self probleme op te los. Hoe nader jy aan iemand is, hoe groter is jou invloed. As jy dus rondom jou kyk, wie sien jou die meeste, veral van naby? Dis die mense vir wie jý in God se diens ’n rolmodel is.

Lees in 2 Timoteus 3:10-11 wat Timoteus alles by sy rolmodel, Paulus, geleer het. Is jy ’n rolmodel vir iemand, of het jy dalk self ’n rolmodel?

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie vir my Bybel….my rol model Jesus Christus my Redder wat my optel as ek jammerlik misluk…Amen

FM ·

Volle waarheid

dis heerlik om te beleef hoe kinders en kleinkinders soos my oorlede ouers doen en leef.

Suiwer genade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.