Gedagte vir die dag: Ék is die bewys!

Kruis1.jpgGod het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar so dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh 3:16-17)

Omdat hierdie bekende teksvers Jesus se werklike woorde is, het dit soveel meer trefkrag.

Hy sê: “Hiér is dit. Ék is die bewys dat die Vader julle ontsettend liefhet. Ék is die onteenseglike bewys dat God julle nie afskeep en sommer net tweedehands behandel nie. Julle ken dalk nog nie die Vader nie, maar Ek ken Hom baie goed. Ek lê baie op sy bors. Julle weet dalk nog nie wat Ek hier kom maak nie, maar Ek weet. Ek gaan vir julle wys wat liefde is. Ek gaan julle liefhê tot Ek my laaste asem uitblaas. Dié wat dit aanvaar, sal daardeur lewe. Maar dié wat dit verwerp, sal God nooit sien nie.”

Vader, dankie dat U Jesus gestuur het om vir my te wys hoe lief U my het. Bedien my deur hierdie liefde. Verander my deur hierdie liefde. Ek wil ook graag daarvolgens lewe.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.