Gedagte vir die dag: “Ek is die deur…”

prys_God_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. (Johannes 10:9)

Baie van ons probeer vandag om Jesus te herskep om te pas by die gewilde soort Christus wat mense graag wil hê. Dit klink eng en onsensitief om te sê: “Jesus is die enigste weg na die Vader.”

Jesus is egter bekend daarvoor dat Hy nie saamspeel met die pogings om Hom in ’n nuwe verpakking aan ander te probeer bemark nie. Hy stel nie belang daarin dat sy beeld verbeter moet word nie. Ons moet Hom as dienaars volg, nie voor Hom uitloop soos ’n afvaardiging vir openbare betrekkinge nie.

As ons een eienskap van Christus neem – sy liefde, byvoorbeeld – en dit skei van die ander eienskappe, soos sy heiligheid, sal ons op die ou end ons eie verwronge idee van liefde dien en aanbid in plaas van die een ware God.

As God nie regverdig was nie, sou daar geen nodigheid gewees het vir sy Seun om te sterf nie. En as God nie liefdevol was nie, sou daar geen bereidwilligheid gewees het vir sy Seun om te sterf nie. Maar God is beide regverdig en liefdevol. Daarom is sy liefde bereid om aan die eise van sy geregtigheid te voldoen. – John Piper

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here my God U is in U Wese algenoegsaam…U het niks van my nodig nie…U het my heel eerste liefgehad…ek kan niks doen om myself te red nie..Net U Alleen kan my red….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.