Gedagte vir die dag: Ek is die opstanding en die lewe

Stiltetyd_wolke_plaas_Floris-Booysen-13.jpg

Foto: Floris Booysen

Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit, Marta?” (Johannes 11:25, 26)

Die goeie Herder lê sy lewe af vir sy skape. Maar is dit genoeg? Wat word nou van die skape? Wat word van al God se kinders wat in Jesus glo? Wat gebeur met hulle as hulle te sterwe kom? Wat help dit dan dat hulle ʼn Herder gehad het? Jesus gee self die antwoord.

Jesus is nie net die Herder wat sy lewe vir sy skape aflê nie; Hy is ook die opstanding en die lewe! Jesus se kruisdood het ons nie net van die monster van sondeskuld bevry nie, maar sy opstanding het vir ons die weg na die ewige lewe gebaan.

Jesus lui met hierdie verklaring ʼn nuwe dimensie in, ʼn hemelse dimensie. Uiteraard verstaan ons feitlik niks daarvan nie, behalwe dat dit ʼn ongelooflik opwindende vooruitsig is. Hierdie vooruitsig is die vrug van Jesus se gehoorsaamheid tot die dood toe. Dis die heerlike vrug van ʼn pynlike lydensweg. Dié vrug kan ons duskant die dood maar net in die geloof aanvaar. En kinderlik bly daaroor jubel.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.