Gedagte vir die dag: Ek is die opstanding

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: christianheadlines.com

Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit, Marta?” (Johannes 11:25, 26)

Marta en Maria was teen die grond. Hulle geliefde broer is dood. Watter geweldige verlies! Hy was tog die ankerpersoon in hulle bestaan. En Jesus het nie dadelik gekom toe hulle Hom nodig gehad het nie. Hy kon mos vir Lasarus gesond gemaak het.

Toe daag Jesus daar op. Eers vier dae ná die begrafnis. Marta verwyt Hom dat Hy nie eerder daar was nie. Dan sou Lasarus nog geleef het! Vir Marta sou Jesus die verskil tussen lewe en dood beteken het. Toe sê Jesus vir Marta: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elk een wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie” (Bybel in Afrikaans 1983/1992). Marta het nog nie presies geweet wat Jesus bedoel nie. Haar gedagtes was nog by die onmiddellike vasgevang, hier waar die dood die oorhand gekry het. Jesus het vir Lasarus uit die dood opgewek as teken en as voorskou van presies wat Hy vir Marta gesê het. Die wins van geloof in Jesus as die opgestane Here is die lewe sonder einde.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

Jammer ons weet so min van Lazarus. Hy moes ‘n besondere man gewees het.

Dries ·

Wat ‘n wonderlikke lewe, wat vir ewig aanhou, wag daar nie vir ons gelowiges nie, laat ons daarom bly wees.

Anoniem ·

Hallelua al die lof en eer kom HOM toe tot in ewigheid. Ek is lief vir U VADER.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.