Gedagte vir die dag: Ek kry swaarder as jy: God dra jou

 vrou-stap-berge-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:13, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Dis menslik om te vergelyk. Ons kyk na die las wat iemand anders dra en sê dan vir jouself dat jy dit óf swaarder óf makliker het as hulle. Soms is vergelyking nuttig, soms is dit gevaarlik. As jy na die ekstreme swaarkry van iemand anders kyk en raaksien hoe hulle dit hanteer het, kan dit nuttig wees, want jy skep  moed.

Elizabeth Hancock het tydens die builepesepidemie in 1666 in die dorp Eyam in Engeland haar ses kinders en haar man almal binne ’n week verloor. En sy moes hulle self begrawe, want dit was die reëling tydens daardie inperking. Sou jy dit kon dra? Beslis nie, beslis nie alleen nie, want dis bomenslike swaarkry. Dis dán wanneer jy weet mens oorleef net deur die krag wat van buite jou kom, dit wat die Here jou gee.

Jý is in staat om enorm meer te dra as wat jy self dink. Kyk dus na Elizabeth Hancock en skep moed, want jy kán – jy en die Here saam.

Lees weer die bekende woorde van Paulus in Filippense 4:13 en maak dit jou eie.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.