Gedagte vir die dag: Ek kry swaarder as jy: Hulp uit onverwagte oorde

Kerk_ou-gebou_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe sê die vroue van die dorp vir Naomi: “Prys die Here wat vandag vir jou ’n losser gegee het. Mag hy beroemd word in Israel. Mag hierdie kind vir jou vreugde bring en vir jou sorg in jou ouderdom. Want hy is die seun van jou skoondogter wat vir jou so lief is en wat vir jou meer beteken as sewe seuns!” (Rut 4:14-15)

Ons kuier weer by Naomi, die swaarkry-vrou van Betlehem. Haar verhaal is opgeteken in die boek Rut. Die boek dra die naam van haar skoondogter, ’n uitlander, en nie die naam van Naomi, die Israeliet nie. Dalk is die rede daarvoor omdat haar skoondogter die helper van die Here was wat Naomi nie verwag het en aan die begin ook nie waardeer het nie. Dalk was sy aan die begin, toe haar seun met hierdie Moabitiese vrou trou, eintlik ontevrede. Daarom wou sy haar skoondogters, Orpa en Rut, terugstuur ná die dood van haar eie seuns en hulle nie permanent deel van haar lewe maak nie.

Maar Naomi se hulp het van die Here af gekom, juis van hierdie onverwagte kant, van haar Moabitiese skoondogter. Eintlik het die Here haar gehelp ten spyte van haar verkeerde hantering van haar hartseer en haar miskyk van haar helper. Ons Here is geduldig met ons en help ons selfs wanneer ons nie gehelp wil word nie.

Aan watter “onverwagte oorde” laat Rut 4:14-15 jou dink?

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here vir U wonderlike voorsienigheid….vir al die Rutte in my lewe…Amen

Kobus ·

Reel twee lees “losser” Moet dit nie “verlosser” wees nie?

OW ·

Nee.’n Losser is ‘n persoon wat iemand losgekoop het,gewoonlik ‘n naby familie lid,soos in Naomi se geval waar Rut haar skoondogter ‘n seun by Boas gekry het met die naam Obed wat deel is van Jesus Christus se geslagsregister.Lees Lukas 3:23-38 vir Jesus Christus se geslagsregister terug tot by Adam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.