Gedagte vir die dag: Ek kry swaarder as jy: Presies genoeg krag

hartseer-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Dit is vir my baie swaarder as vir julle, want die Here het baie swaarkry oor my laat kom. (Rut 1:13)

Dis realisties en normaal om jou porsie swaarkry te vergelyk met ander s’n. Ons almal doen dit tog maar. Wat die verskil maak, is wat jy dan daarmee doen. As jy dit verkeerd hanteer, gaan dit jou nie help nie. As jy vergelyk en sien jou las is ligter, maar jy sê dan bloot jy is gelukkig, dink jy oppervlakkig. As jy vergelyk en sien jou las is swaarder, en jy bejammer jouself, maak jy jou eie bene lam. Maar as jy vergelyk en weeg, en dan van die Here vra dat Hy presies genoeg krag vir jóú las sal gee, kry jy wat jy vra: net genoeg.

In die boek Rut het Naomi haar las vergelyk en gesien dit is swaarder as haar skoondogters Rut en Orpa s’n. Sy het ’n man en twee seuns verloor, hulle elkeen net ’n man. Toe maak sy die afleiding dat die Here teen haar gedraai het en sy bejammer haarself. Moenie soos Naomi wees nie, want sy het selfs haar naam na Mara – wat bitter beteken – wou verander. Sy het bitter geword, nie beter nie.

Het jy al ’n Rut 1:13-oomblik beleef?

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Amen….Here U weet uit eie krag is ek tot niks instaat nie