Gedagte vir die dag: Ek sien dis pragtig 

see_rotse_hemel_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. (Psalm 16:6)

In hierdie psalm is Dawid so vol vreugde en dankbaarheid. Hy kyk om hom en voel eenvoudig geseënd. Hy sê: Wat ek ontvang het, kom alles van U. Hy sê ’n pragtige deel is vir hom afgemeet, alles wat die Here hom gegee het, is mooi. Onthou, die psalm gaan nie oor die feit dat Dawid ’n koning was en baie besittings gehad het nie, dit gaan oor Dawid se hart en verhouding met God. Ander konings redeneer dalk dat hulle steeds te min het, of dat hulle dit alles self verwerf het, maar Dawid gee die eer aan die Here.

Ons kan ook om ons rondkyk en ontevrede besluit dat dit te min is – of sleg, minderwaardig. Ja, een persoon kan diep dankbaar en gelukkig wees oor sy min en ’n ander kan ontevrede en kwaad wees te midde van oorvloed. Daardie keuse lê by onsself – om geseënd te voel of ook nie. Ja, inderdaad! Kies dankbaarheid en tevredenheid, kies seën!

Seënende Here, leer my om om my te kyk en tog net die seën raak te sien! Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dankbaar ·

Hommelbye op die blommetjies, voëls wat broei in die tuin, voëltjies wat by die fonteintjie kom drink en bad, ‘n kat op my skoot, ‘n liefdevolle eggenoot…… wat maak besittings tog saak? Dankie, Here, ek het baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.