Gedagte vir die dag:  Ek soek hard na U

hand_strek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my. (Psalm 63:9)           

Dawid sê hier letterlik sy siel “kleef” aan God – “My soul followeth hard after thee”, volgens die ou Engels (Ps 63:8, King James-vertaling). Wat beteken dit om God so intens te volg? Wel, laat ons eerstens raaksien dat Dawid se siel nie belangstel om die wêreld aan te kleef nie, maar vir God – nie waar nie? Prakties beteken dit sekerlik dat so ’n siel dikwels God se teenwoordigheid opsoek in gebed en aanbidding, dat hy meer van God wil leer deur sy Woord te lees – dat hy God graag wil behaag deur gehoorsaamheid en diens. Hy wil in elke opsig wees waar God is. Hy bly altyd “naby God”, soos ons vertaling lui.

Dan gebeur die wonderlike: God bly ook naby hom, God volg hom, God is ook verkleef aan hom. God se hand – letterlik God se regterhand – hou hom intiem vas en dra hom. Dis eintlik ’n baie innige verhouding wat hier beskryf word. Die les is dit: Soek hard na God – God sal hard na jou soek.

Here Jesus, my hart soek na U. Laat my U vind, Here – laat my U vind. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bertie ·

Ek wil ook graag soos Dawid sê: ‘ek soek U Here my God, laat my U vind;!
Dankie Maroela vir die Woord elke dag! Seën vir julle! :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.