Gedagte vir die dag:  Ek soek … Hom    

woestyn_klip_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. (Psalm 63:2)

Dawid was ’n man na God se hart. Ten spyte van alles wat hy verkeerd gedoen het, bly hy ’n voorbeeld. In Dawid se hart voel hy ’n soeke, ’n dors. Kyk, alle mense het so ’n verlange, maar Dawid kon dit korrek identifiseer: Sy verlange is ’n verlange na God. Die meeste mense verstaan nie hulle verlange nie. Hulle beleef ’n behoefte in hulle hart, ’n “yearning” – na iets – ’n strewe na vervulling, na sin, na liefde, na wat ook al. Dan probeer hulle dit op allerhande maniere vervul.

Ons soek gewoonlik vervulling in geld, want ons reken geld kan al die ander dinge koop. Anders soek ons genot, opwinding, sekuriteit, om ’n bydrae te maak, om ’n sinvolle lewe te leef, liefde te bewys of ’n nalatenskap na te laat. Baie van hierdie dinge is goed, maar as Christene glo ons daardie hele behoefte, die hele groot gat in jou hart, is ’n behoefte na God. Jou soeke is na Hom – myne ook.

Here van my hart, U alleen vervul my diepste behoefte. By U is al my liefde en sin. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Waar woorde …Here Jesus dankie dat U alleen die holtes die gate die leegheid in my siel op vul met U teenwoordigheid…ek eer U liefdevolle Heer.

Sophia ·

Ja dis so waar, niemand kan daardie leegte in mens se binneste vul behalwe GOD nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.