Hy het vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk. (2 Korintiërs 12:9, 10)
In Paulus se lewe was daar ’n beproewing wat hom ernstig aan bande gelê het. Hy het telkens vir die Here gevra om dit weg te neem. Maar in plaas daarvan dat die Here hom daarvan verlos het, was die Here se antwoord: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”
Ons is so sterk daarop ingestem dat God ons van ons ellendes moet verlos, terwyl Hy ons laat verstaan dat sy krag juis tot openbaring kom wanneer ons swak is. Ons getuienis kom soveel helderder aan die lig wanneer ons dit te midde van ons swaarkry kan lewer. Dan weet mense ons bedoel wat ons sê.
Dus, sê Paulus, sal ek liewer oor my swakhede roem sodat die krag van Christus in my lewe tot openbaring kan kom. As my swaarkry vir Christus tot diens kan wees, is ek tevrede … want as ek swak is, is ek sterk!
Dankie Here,ja soms voel ek swak maar u krag verstek ons weer