Gedagte vir die dag: Elke mens is gebroke

sonsondergang_mense_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. (Romeine 7:18)

Een van die hartseer kenmerke van die mens is sy sondigheid. In die Bybel begin die verhaal van sonde by Adam en Eva, maar onthou: Adam en Eva staan ook vir elke mens. Elke mens tree op soos hulle opgetree het! Elke mens het ’n neiging om God se instruksie te verontagsaam, om eerder sy eie kop te volg. Hierdie neiging – om God se wil vir ons eie te verruil – is ons sonde.

Soos ons al gesê het, het sonde onmiddellike gevolge, want saam met sonde kom die vloek en skaduwee van sonde, naamlik al die hartseer en ellende wat ons ken, die pyn en die dood. Nou leef ons as gebroke mense in ’n gebroke wêreld. Elke mens het nou ’n donker kant, elkeen steek dinge weg, elkeen vertel ’n hartseer storie, almal het bagasie. Elke mens beleef pyn – die gevolg van sy eie sonde, ander se sonde of die sonde in die wêreld. Sonde doen soveel skade!

Maak sonde jou hartseer? Dit maak die Here baie hartseer!

Hemelse Vader, my sonde en gebrokenheid maak my hartseer. Ek weet dit maak U ook hartseer – ek is so jammer daaroor! Dankie vir u vergifnis en u genesing. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FM ·

GOD het die mens só lief dat HY ten spyte van die gebrokenheid JESUS aan die kruis laat sterf het sodat elke sondaar tot bekering kan kom en gered word.
Dankie VADER

Yvonne ·

Dankie my Vader dat Jesus gekom het om vir my sondelas te dra…vergewe my gebrokenheid..in Jesus Naam

GIJSJE ·

God have make me and He will safe me anny time. Thank U my Lord that i can life in U light.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.