
Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)
Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte soos: “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moenie aanraak nie”? Dit is alles dinge wat verbruik word en vergaan – soos dit gaan met mensgemaakte voorskrifte en leringe. (Kolossense 2:20-22)
Ons gebruik graag clichés soos “leef en laat leef” om onsself verdraagsaam te laat klink, maar dikwels vertel ons harte ’n ander storie. Partykeer vertel ons ’n ander storie, agter iemand anders se rug, omdat hulle nie hulle kinders grootmaak soos ons nie of kerk toe gaan soos ons nie. Hulle hou nie soos ons vakansie nie, of is nie so geleerd nie of kyk ander flieks as ons. Ons kom met ’n hele rits “lewensreëls” vir onsself vorendag wat ons dan verhewe bo ander mense laat voel.
Behalwe dat jou reëls nie God se reëls is nie. Ons hoef glad nie deur mensgemaakte reëls gebonde te wees nie, want Christus het ons vrygemaak (Galasiërs 5:1). Ons is vry om God in Gees en in waarheid te aanbid (Johannes 4:24) – op al die wonderlike maniere wat by ons eie unieke konteks pas.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Heer gee dat ek net plat op die aarde sal wees en goed oor die weg kom met my medemens
Amen
Dankie Here dat U ons vrygekoop het….met U bloed betaal het sodat ek kan leef…Amen