Gedagte vir die dag: Engele wat ons bedien

wolke_see_sonondergang_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? (Hebreërs 1:14)

Engele is onsigbare lyfwagte wat God se heiliges oppas. Lojaliteit teenoor hulle Here maak dat hulle hulle ontferm oor die kinders wat Hy liefhet. In Bybelse tye is mense soms deur engele besoek. Dit gebeur steeds, al sien ons hulle nie. Die engele kom steeds af aarde toe en gaan weer daarheen terug om die erfgename van verlossing te besoek (Gen. 28:12), maar Jesus Christus is nou hulle leer.

Serafs vlieg met brandende kole van die altaar om die lippe aan te raak van die mense wat God kies (Jes. 6:6-7). As ons oë geopen word, sou ons ’n legioen engele sien wat ons beskerm (2 Kon. 6:17). Ons word bedien deur die glansryke howelinge van die hemel! Ons word verdedig deur die grootste weermag ooit!

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DANKIE ·

In ons tye is dit die GOEIE NUUS wat ons moet weet-dank die Vader vir Sy beskermende hand

Alan Truter ·

Sommige mense, soos ek, dra nou die gevolge van sportbeserings op 71. As ek geweet het ek moet knievervangings kry en werwels in my rug gaan verweer, sou ek dalk versigtiger gewees het toe ek aan sport deelgeneem het. Of sou dit niks gehelp het nie? Party mense is seker net gelukkiger of het die regte gene geërf.

Andrea ·

Maar hoekom beskerm hul dan net sekere mense? Ander moet ly en wreed sterf. Is God dan nie ook lief vir hierdie mense waarvan baie Christene is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.