Ek moes met julle praat soos met kindertjies in die geloof in Christus. (1 Korintiërs 3:1)
Voel jy dat jou geestelike lewe swak is? Pla dit jou dat jou geloof klein is, jou liefde flou? Hou moed. Jy het steeds rede om dankbaar te wees. Onthou dat jy in sommige dinge gelyk staan met die mees ervare, volwasse Christen.
Jy is met die bloed van Jesus gekoop, net soos die grootste heilige. Jy is ook ’n kind van God. Jy is net so volkome geregverdig. Selfs jou klein geloof het jou heeltemal gereinig. Jy het net soveel reg tot die beloftes van die verbond. Jy is dalk arm in geloof, maar in Jesus is jy die erfgenaam van alle dinge.
Dankie genadige Vader dat ons in Jesus ons Redder gevind is… Amen
Dankie hierdie wete werk vir my.