Gedagte vir die dag: Ervaar God se liefde     

Gelukkig_vrou_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here se hart is baie sag. Hy gee graag goeie dinge aan ons. Hy is geduldig. Hy het sy kinders baie lief. (Psalm 103:8)         

Hoe beleef ’n mens God se liefde? Hoe kry ons dit reg om God se liefde in ons lewens te voel … terwyl ons Hom glad nie eens kan sien nie?

  • Ons word stil. Tjoepstil. Gedagtestil.
  • Ons bid dat die Gees ons met sy teenwoordigheid sal vul.
  • Ons wag … totdat ons gedagtes werklik met Hom in kontak is.
  • Dan luister ons totdat ons hoor en voel hoe sy liefde oor ons spoel.
  • En dan drink ons elke druppel van sy bederfliefde met dankbaarheid in.

Maak vandag heeldag tyd om jou Vader se koestering in te drink en die vrede daarvan te geniet. So sal jy te midde van die gewoel om jou rus vind; ten spyte van die onrus van die wêreld, ’n gevoel van saligheid beleef en ervaar dat Hy jou met ongekende vrede vul.

Onthou: Hy het jou onuitspreeklik lief!

Here God, ek wil vandag heeldag aan u liefde teug … slukkie vir slukkie u heerlikheid beleef.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.