Gedagte vir die dag: Die ewige lewe het aangebreek

 sonsopkoms_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

… skielik [het] twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” (Handelinge 1:10-11)

’n Nuwe seisoen wag vir jou, nuwe geleenthede. Moenie jou toekoms op eie stoom of eie krag aanpak nie, doen dit saam met God. Hy sal jou rig en lei en jou bekwaam vir dít wat Hy beplan. God loop nie sirkels met ons nie, Hy is saam met ons na ’n bestemming onderweg. Hy het ’n doel met ons lewe hier op aarde, en sy eindbestemming en uiteindelike doelwit is die ewige lewe waar ons die volheid van sy teenwoordigheid sal geniet.

Vandag se bronteks vertel hoe Jesus na sy dood en opstanding na die hemel opgevaar het. Dit was belangrik dat die dissipels moes sien hoe Jesus na die hemel opvaar. Dit sou hulle bo alle twyfel laat verstaan dat Hy God is en dat sy en ons eintlike tuiste elders is. Ja, ons moet ons gereedmaak vir sy wederkoms. Dit help egter nie ons staan heeldag na die wolke en staar en leef met ons kop in die wolke nie. God het ook hier op aarde met ons ’n plan. Ons moet ons nie so blind staar teen ons einddoel, naamlik die ewige lewe, dat ons van ons elkedagse roeping vergeet nie. Dit veroorsaak dat ons sonder geesdrif en passie leef. Ons is geskep om nou al hier op aarde ’n dag-vir-dag-verhouding met God te hê.

Bowenal mag ons nie vergeet dat die koninkryk van God daar is waar sy kinders sy koningskap eer nie – ons kan dus vandag al deel kry aan sy koninkryk. Die koninkryk is byvoorbeeld in my huis, waar ek en my gesin die Here dien.

Johan Smit skryf: “Hoewel ons onderweg is hemel toe, moet Christene nou reeds die hemel aarde toe bring. Ons moet die pole nader aan mekaar bring. Die belangrikste waarheid wat ons aangaande die hemel weet, dit is waar God is. As God Immanuel, wat ‘God met ons’ beteken, behoort ons nou al hier op aarde ʼn stukkie van die hemel te ervaar.”

Bron:
Stilword vir vroue deur Liesel Krause-Wiid
Uitgewer: Carpe Diem Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Wat n mooi boodskap, ek sien al so uit om saam met my Hemelvader te wees, ek weet ek het baie sonde maar probeer my allerbeste om my God te eer en te prys en om vir amal te vertel wat se wonderwerk Hy ook vir my in my lewe gedoen het,. Alle eer en lofprysing aan ons Almagtige God.

lea venter ·

Die dag as Jesus weerkom op die wolke hoop ek dat my lewe met God reg is want ek wil saam terug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.