Gedagte vir die dag: Ewigheid in ons harte

 Olyfboom_San-Damiano_Stiltetyd.jpg

Foto: Annelize Brits

Ek weet alles wat God doen, is vir ewig. Niemand kan daar iets byvoeg of daar iets van wegneem nie. (Prediker 3:14)

Ateïste sê hulle glo nie in God nie, maar ek stem nie saam nie. Elke enkele mens op hierdie aarde glo in iets. Sendelinge wat al met stamme in die Amasone gewerk het, het kom vertel dat daardie mense, selfs in afsondering, in ’n god glo. Hulle het dalk nog nooit ’n ander mens buiten hulle stamlede gesien nie en het geen kennis van die evangelie nie, maar hulle weet dat

God bestaan.

God het die ewigheid in ons geplaas – ’n God-vormige holte wat net Hy kan vul. Hy het ons na sy beeld geskape en ons gees soek na God. Dit is hoe ons gemaak is. Ons is geskep vir die ewigheid. Daardie belofte hou my aan die gang; ek weet daar is ’n beter lewe wat volg.

Prediker 3:11 sê vir ons: “Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk verstaan nie.” Daar is sekere dinge wat ons nooit aan hierdie kant van die hemel sal weet of verstaan nie, maar ek word deur 1 Korintiërs 13:12 bemoedig wat beloof dat ons nou in ’n dowwe spieël kyk, maar dat ons eendag alles sal sien soos dit werklik is.

Almagtige God, dankie dat U die ewigheid in mense se harte gesit het. Ek hou vas aan u belofte dat daar ’n dag sal kom wanneer al my vrae beantwoord sal word. Dankie vir u belofte van ’n ewigheid in die hemel saam met U. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ellie Rose ·

Dit is so wonderlik om ons Skepper te kan en mag glo, want sonder Hom is ons niks. Hy vul ons lewens met Sy wese en alomteenwoordige liefde. Wie kan teen ons bly staan as God altyd in ons, bo ons, agter ons, onder ons en met ons is? Niks en niemand.

neelsie ·

God aanvaar ons ,wat glo dat Jesus Sy seun is, met liefde en uit genade.
Dit gee vir ons vrede wat alle verstand te bowe gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.