Gedagte vir die dag:  ’n Feeslewe

Foto: pixabay.com

Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees. (Spreuke 15:15)

As jy aan depressie ly en jou oor alles bekommer, spreek dit vanself dat die lewe vir jou nie lekker gaan wees nie. Maar as jy elke dag blymoedig probeer wees, die positiewe dinge in die lewe raaksien en ander mense se aandag daarop vestig, kan jou hele lewe ’n fees wees.

Deur doelbewus elke dag vrolik en vriendelik te wees kan jy ’n feeslewe hê, én die wêreld vir die mense om jou ’n feestelike plek maak.

Vreugde is ’n wesenskenmerk van ons verhouding met God. Die liefde van Christus maak jou altyd bly. ~ Cules Hammann

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.