Feestyd-oordenking: Jesus bring vrede op aarde

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Die herders het nie vir Jesus tussen konings en vername mense gevind nie. Die seun van Dawid het ook nie in ʼn wiegie gelê wat deur die beste houtwerkers voorberei is nie. Nee, Jesus is in doeke toegedraai en in ʼn krip neergelê – ʼn voerbak waaruit die diere gister nog geëet het en waaraan die reuke van die diere vasgekleef het. Dít was Jesus se eerste landingsplek op aarde. Jesus wat uit die hemel aarde toe gekom het.

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ʼn kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ʼn krip lê (Lukas 2:11-12).

Die afgelope jaar was deurmekaar en vrede was skaars. Toe ons in 2019 vir mekaar ʼn geseënde Kersfees toegewens het, het dit nogal anders uitgedraai as wat ons verwag het. Maar ten spyte van die deurmekaar jaar wat verby is, is die vredeskind van Bethlehem nog steeds tussen ons.

Luister saam na Stephan Joubert se Kersboodskap oor die vrede van God wat steeds met ons is:

  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.