Gedagte vir die dag: Finale verlossing

strand_wolke_blomme_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Daar is ’n finale verlossing wat nog op ons wag waar ons heel en volledig in elke aspek van ons lewe voor God sal staan. Dit kom op een van twee maniere na ons toe. Die eerste manier is by die wederkoms van Jesus. Dis die finale uitspraak van God oor sonde en lyding. Die tweede manier is wanneer ons sterf.

As ons in Jesus sterf, sal ons God van aangesig tot aange­sig sien en eerstehands die finale verlossing van God in ons gees, siel en liggaam beleef. Elkeen wat in Jesus Christus sterf het reeds hierdie lewe.

As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees. (Openbaring 21:4, Die Boodskap)

Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee. (2 Korintiërs 1:21-22)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.