Gedagte vir die dag: Fokus op God

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie. (Kolossense 3:2)

Ons moet heilige lewens leef. Ons moet verstaan dat ons Here Jesus Christus ’n heilige God is. Daarom moet ons lewens ook anders wees. Ons moenie toelaat dat ons besmet word deur die bose dinge van hierdie wêreld nie.

James Hudson Taylor was ’n man van God. Hy het die China Inland Mission gestig. Hy het Engeland as ’n jong man verlaat en, gelei deur die Heilige Gees, China toe gegaan om die evangelie daar te verkondig. Dit was vir hom baie belangrik om Bybelse beginsels in alle opsigte te volg. Die Here het sy bediening oorvloedig geseën.

Daar word ’n bekende verhaal vertel van iemand wat gesê het dit voel of daar twee honde in sy binneste is. Die een was boos en die een was regverdig, en dit het gevoel of hulle baklei. Hy het egter gesê hy kon agterkom dat die een wat die meeste kos kry die een is wat die sterkste word.

As jy in jou lewe net luister na al die slegte dinge wat gebeur en fokus op al die negatiewe en bose dinge in die wêreld, is dit die plek waar jy oorwin gaan word. Die duiwel gaan dan oor jou oorwin. Konsentreer eerder op die dinge van God.

Laat ons tyd deurbring met die dinge van God. Ons moet altyd let op wat ons sê, wat ons kyk en waarna ons luister. Laat ons eerder ons tyd by die Here deurbring, want Hy is ’n heilige God en wil hê sy kinders moet ook heilig wees.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.