Foto’s: Só lyk dit in Noord-Korea

Sedert 2001, is Noord-Korea heel bo aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys as die gevaarlikste plek ter wêreld om ʼn Christen te wees. Dit is duidelik dat dit byna onmoontlik vir Christene is om vervolging in Noord-Korea vry te spring. En alhoewel Noord-Korea en hul missieltoetse gereeld nuushooftrekke haal, het baie mense nog nooit gesien hoe dit werklik aan die ander kant van die mees geslote land se grense lyk nie.

Só lyk dit in Noord-Korea

1. Respekbetoning voor die standbeelde van wyle leiers, Kim Il-Sung en Kim Jong-Il by Mansu Hill Grand Monument

In Noord-Korea word die oortuiging dat daar ʼn hoër gesag as die land se leier is, beskou as ʼn bedreiging wat nie geduld word nie. Noord-Koreane mag geen ander “god”, buiten outoritêre leier, Kim Jong-Un, dien nie.

2. Noord-Koreaanse straatkinders of “swerwende swaeltjies” soos daar dikwels na hulle verwys word

Noord-Korea volg ʼn beleid van “militêre magte eerste” wanneer dit kom by die verspreiding van kos en hulpbronne. Dit beteken dat gewone Noord-Koreane dikwels honger ly – om nie te praat van die haglike toestande van die baie straatkinders nie.

Foto: © Geopende Deure Internasionaal 2018

3. Skoolseuns wat in die straat stap in die hoofstad, Pyongyang

Noord-Koreaanse kinders word by die skool geïndoktrineer om die Kim-familie te aanbid. Kinders word geleer om hul ouers se doen en late te rapporteer. Christenouers vertel dikwels nie eens hul eie kinders van hul geloof in Jesus nie, uit vrees vir die fatale nadraai wat dit kan inhou.

Foto: © Geopende Deure Internasionaal 2018

4. Die “DMZ” of die “Gedemilitariseerde Sone” tussen Noord- en Suid-Korea. Dis een van die swaarste gemilitariseerde grense ter wêreld

Daar is ʼn Noord-Koreaanse gesegde, “Wanneer twee of drie bymekaar is, is een ʼn spioen.” Spioene en geheime agente van die regime is orals. Christene moet dus baie versigtig wees met hulle doen en late. Omdat die besit van ʼn Bybel die doodstraf kan beteken, memoriseer sommige Christene hulle Bybel en vernietig dit dan so gou as moontlik. Ander steek hulle Bybels versigtig weg of begrawe dit en lees dit net wanneer hulle regtig alleen is.

Foto: © Geopende Deure Internasionaal 2018

5. Christene in Noord-Korea

Enige assosiasie of verbinding aan Christenskap is verbode in Noord-Korea. Hele Christen-families word opgesluit in arbeidskampe wanneer selfs net een persoon se Christengeloof ontdek word. Onbekende getalle sterf jaarliks van marteling, loesings, uitputting en verhongering in dié arbeidskampe.

Foto: © Geopende Deure Internasionaal 2018

6. Daaglikse lewe in Noord-Korea

Geopende Deure bied ondersteuning aan Christene in Noord-Korea deur hulle te voorsien van noodleniging wat kos, medisyne en klere, asook Bybels, boeke en ander dissipelskapmateriaal insluit.

7. Noord-Koreaanse vlugtelinge loof die Here

Geopende Deure se vennote in China voorsien ook skuiling en noodleniging aan Noord-Koreaanse Christene wat gevlug het, asook opleiding vir diegene wat wil terugkeer na Noord-Korea om te gaan evangeliseer.

Een van die vlugtelinge getuig, “Gedurende 2017 was ons Hemelse God so goed en getrou gewees dat Hy vir ons kos, medisyne en alles wat ons nodig gehad het, deur julle en julle vennote voorsien het. Julle liefde oorweldig ons. Ons is een met julle deur die Bloed van Jesus Christus.”

Geopende Deure stel jaarliks ʼn lys saam van die top 50 lande in die wêreld waarin Christene die meeste vervolging ervaar. Kliek hier om ʼn gratis wêreldkaart wat hierdie lande aandui, af te laai.

Ondersteun Geopende Deure op sosiale media:
Facebook
Twitter
YouTube
Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Klaas ·

Dankie vir die bewusmaking van die vervolging waaronder ons broers en susters gebuk gaan.

marianna ·

Maar baie dieselfde as SA daar word miskien nie so baie mense vermoor nie

Kosie Kramer ·

Volgens `n berig op Nederlandse nuus, slaap daar elke nag, in New York, meer as 60 000 mans, vroue en kinders, op die strate en sypaadjies. En dis wit, swart, pienk.. Joel Stein, `n Jood, spog dat Hollywood en die hele Amerikaanse media deur Jode besit word. Hy voel dis tyd dat die Amerikaners dit begin erken. Dan maak dit sin hoe Christene in flieks en op TV afgekraak word. Die Christen is die dronklap, skelm; die Jood is die slimme en die held…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.