Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. (Hand 2:38)
Robert Murray McCheyne was ’n Skotse prediker wat die gawe van die Heilige Gees ontvang het. Sy grootste begeer te was om ’n herlewing in Skotland te sien. God het vir hom die begeerte van sy hart gegee. Hy het die evangelie in Palestina verkondig toe die herlewing in Dundee, Skotland, uit gebreek het. Robert McCheyne het baie jonk gesterf, toe hy nege en twintig was, maar hy sal nog lank onthou word. Elke keer wan neer mense vir hom gevra het: “Is dit nie ongelooflik hoe God jou gebruik nie?” het hy geantwoord: “Ek was nie ’n instrument van God nie; ek was eerder ’n waarderende toe skouer.”
Dit is presies wat ek vandag wil doen. Ek wil ’n waarderende toeskouer wees. Ek wil eenkant toe staan en kyk wat die Gees deur God se kinders vermag. Ek wil sien wat die Heilige Gees in God se wêreld doen. Dit is verbysterend! Ons kan nie eens begin dink wat God alles voorberei vir dié wat Hom liefhet nie.
Jy het die gawe van die Heilige Gees ontvang toe jy jou bekeer en ’n kind van God geword het. Vra sy Gees om vandag en elke dag deur jou te werk sodat jy ’n kanaal van God se liefde, genade en barmhartigheid na ander mense kan wees. Jy sal ’n waarderende en sprakelose toeskouer wees.
Here, vul my vandag met die krag van u Heilige Gees. Heilige Gees, ek verwelkom U in my lewe. Inspireer my om Jesus Christus met my hele hart te dien.
There is one God..one Son..one Holy Spirit..one Baptism..Glory be to God my Father..Jon 3:16 Amen
Amen
Eish ! Die mag van breinspoeling is iets ysliks !
Waar val jy uit TN???
We serve with love ..peace and joy…gives of the Holy Spirit and the truth shall set us free..Uiltjie..TN ‘s comment is a cry for help and intercession..that is why he is reading these pieces for his soul is hungry but the flesh is fighting..remember the battle that is raging is not on this earth…but for the souls of those who does not believe..