Gedagte vir die dag: ’n Gebed in tye van geestelike droogte

woestyn_wind_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei. (Jesaja 58:11)

“Here, my siel is dors. Ek voel so dor, ek smag na iets wat waarlik vervullend sal wees. My begeerte om U te ken en U te dien, het verwelk en verdor. Net soos ’n boer tydens ’n droogte na sy lande omsien, so het ek ekstra sielsorg nodig gedurende hierdie tyd van geestelike droogte. Die beste plek om dit te kry, is in u Woord. Mag dit my siel verkwik, my oorspoel en my vul met goddelike voeding wanneer ek dit lees. Gee dat dit tot my sal spreek en my weer sin sal gee.

Ek bid dat U ook vir my geleenthede sal gee om U te dien sodat ek weer ’n passie vir U sal ontwikkel. Wanneer U dit doen, stoot my weg van die kantlyn sodat ek my sal verdiep in die werk wat U wil hê ek moet doen. Moenie dat ek hierdie geleenthede misloop nie. Dit is wat ek nodig het om weer ernstig oor my geloof te raak. Ag, Here, my dorre siel smag na U. Laat ek my dors nou les deur U in te drink.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Amen

om te erken jy sit op die kant is verblydend

dankie Oom Angus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.