Gedagte vir die dag: Gebed is ’n dialoog – verwag ’n antwoord

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jeremia 33:3)

Praat die Here vandag nog met mense soos in die Bybelse tyd of praat Hy net deur die Bybel?

Ons ken almal die onvergenoegde gevoel wanneer jy met entoesiasme ’n gedagte met iemand deel en hulle met die selfoon peuter, of diep in gedagte die niet in staar sonder om ’n woord te hoor. Die boodskap wat deur daardie gedrag gekommunikeer word, is dat die spreker nie belangrik genoeg is om aandag te verdien nie of dat die inhoud van die gesprek tekortskiet en die spreker ervaar verwerping.

Tog doen ons dit dikwels met die Here!

Wanneer ons sy Naam aanroep, miskien soos Hy ons geleer het: “Ons Vader … ” of net Vader of Here, antwoord Hy dadelik. Miskien sê Hy: “Ja, my kind,” of “Hier is Ek,” maar wees ver seker ons het sy volle aandag. Gewoonlik volg ons lysie met versoeke, nood en behoeftes. Miskien sluit ons ’n klaaglied in oor die onreg van die lewe, of ander se voorspoed. Dalk uiter ons ’n paar “Hoekom?”- en “Hoe lank nog?”-vrae en dan … lui die selfoon. Voordat Hy kon antwoord of troos of herinner aan ’n teksgedeelte, vlieg ons op van ons knieë en met die selfoon teen die oor is ons op pad na die volgende belangrike afspraak.

Gebed is ’n tweerigtinggesprek. Die Here wil met ons praat. Hy wil hê ons moet sy stem ken sodat ons kan volg as Hy ons roep. “Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken” (Joh. 10:3-4). Ken jy sy stem?

Here, leer ons om u stem beter te onderskei sodat ons U kan volg son der om af te dwaal. Ons wil luister na U. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spook ·

Verbeelding is ‘n wonderlike ding- geen spook kan praat nie behalwe in jou verbeelding!

Agie ·

Amen
Dis verseker ‘n stukkie Hemel om die gesprek met Vader te kan hê.
Mag ek iets deel?
Paar jaar gelede staan ek met baie arbeiders om my. Hul moet die probleme bespreek sodat ons ‘n oplossing kan bewerk. In my gedagtes vra ek ” Jesus, as ek nou agteruit tree, kom staan in my plek en wys my”.
Ek kry weer eens hoendervleis as ek dit oproep.
Ek hoor met my ore, my stem en ek weet dit is nie kennis wat ek het nie. En…. probleem opgelos?
Sjoe!!!!! Dis GROOT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.