Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor die absolute waarheid

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Alles wat die Here doen, is waar en reg, en al sy voorskrifte is betroubaar. Hulle is vir altyd geldig, en met trou en opregtheid moet dit gehoorsaam word. (Psalm 111:7-8)

“Hemelse Vader, die geskiedenis is vol voorbeelde van enkelinge wat gedoen het wat reg was in hulle eie oë – met rampspoedige gevolge! Ek weet dat ek gebore is met die begeerte om sonde te doen, en dat as ek my eie kop volg, dit my altyd sal weglei van U, die bron van alle waarheid.

Leer my om nie u pad in twyfel te trek deur my eie kop te volg nie, maar om U in alle opsigte te volg. Help my om u voorskrifte te volg, want u waarheid sal vir ewig staan.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.