Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor inisiatief

rus-by-God_stiltetyd

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

Die Here sê: “Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” (Jeremia 3:22)

“Heilige God, ek glo dat U soms ’n verandering in my hart teweegbring sodat ek ’n meer intieme verhouding met U sal begeer. Selfsugtige ambisie en geestelike blindheid ontneem my van my passie vir U, en soms moet U my bewus maak van hierdie neigings in my. U Heilige Gees oortuig my van my sonde, dring my om U te onthou, om my ontrouheid te bely en skep in my die begeerte om my verhouding met U te herstel.

Here God, dankie dat U altyd die inisiatief neem. U maak my nie net bewus van my oortredings nie, U lei my ook weer op die regte pad. U bewerkstellig nooit ’n verandering in my hart en laat my dan aan myself oor nie. Dankie dat U altyd die eerste tree gee.

Ongeag hoeveel keer ek afdwaal, U is altyd gereed om my terug te neem en my in ’n regte verhouding met U te herstel.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.