Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor nuwe dinge

sonsopkoms_lewe-voluit_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. (Klaagliedere 3:23)

“Here God, op een of ander stadium droom alle mense van ’n nuwe begin – ’n ontvlugting van eentonigheid, ’n kans om ’n nuwe blaadjie om te slaan en oor te begin, ’n geleentheid om weg te kom van seerkry uit die verlede, of dalk ’n kans om net iets anders te doen. Soms voel ek bedreig deur ’n nuwe begin omdat dit my dwing om weg te beweeg van die bekende en gemaklike. Ander kere is dit opwindend – ’n uitdaging om ’n nuwe gebied te betree, of die opwinding van ’n onbekende avontuur.

Here, U wys vir my dat die lewe ’n reeks opeenvolgende nuwe dinge is. Herinner my asseblief dat verandering onvermydelik is; dis hoe ek dit hanteer wat van belang is. Elke dag bring nuwe uitdagings en probleme. Elke dag bring ook nuwe geleenthede om U, o God, beter te leer ken en om oor te begin met ’n nuwe gesindheid jeens my omstandighede en die mense om my. Here, omdat u genade teenoor my elke dag nuut is, hoef ek nie toe te laat dat die mislukkings of verwyte van gister my belas nie. Help my om elke nuwe dag aan te gryp as ’n geleentheid om oor te begin en om die verkwikking van u liefdevolle ontferming te ervaar.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.