Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor potensiaal

 eikeboom-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Engel van die Here het onder die eikeboom in Ofra kom sit. Dit het aan Joas van die Abiëserfamilie behoort. Sy seun Gideon was besig om onder op die vloer van ’n  parskuip koring uit te slaan. Hy het daar vir die Midianiete weggekruip. Die Engel van die Here het toe aan hom verskyn. Hy het vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!” (Rigters 6:11-12)

“Here God, wanneer ek die boek Rigters lees, tref dit my hoe die engel Gideon gegroet het deur hom as “dapper man” aan te spreek. Het hy met die regte persoon gepraat? Gideon was besig om vir sy vyande, die Midianiete, weg te kruip en hy het homself beskou as die onbelangrikste persoon in sy familie. Maar toe U na Gideon gekyk het, het U ’n man gesien wat Israel later sou red.

Here, sien U my ook so? Is ek “dapper” in u oë, al sien ek myself as swak? Bring tog die beste in my na vore! Dankie dat U meer in my sien as wat ek in myself sien. Ek sien my beperkings, maar U, o God, kyk na my potensiaal. U sien in my raak wat U my geskep het om te wees. Dankie dat U sien wat ek kan word in plaas daarvan om my te berispe vir wie ek is. Dit maak dat ek aan u verwagtings wil voldoen en die persoon word wat ’n groot geloof uitleef. Gee dat ek sal streef om alles wat U in my sien te weerspieël.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.