Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor prestasies

Foto: pixabay.com

Sê hulle wat ryk is, moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang. (1 Timoteus 6:18-19)

“Liewe Here, diep in my hart lê ’n verlange na ware betekenis en waarde – ’n begeerte wat U in my geplaas het. Maar ek het veels te dikwels baie laer mikpunte. Waarom is dit my eerste instink om na myself om te sien? Waarom kom dit so maklik? Dit is baie moeiliker, en dit kos my ook meer, om ander eerste te stel, maar dit het baie meer betekenis. Ek weet dit, maar ek het u hulp nodig om dit te doen. Wanneer ek eerste aan myself dink, verbeur ek ’n geleentheid om ’n ewige verskil te maak.

Maak my asseblief daarop bedag om te weet wanneer my dade daarop gemik is om myself te verheerlik – en daarom nie enige waarde buite hierdie lewe het nie – of om U te verheerlik en gevolglik ewigheidswaarde sal hê. Here, gee asseblief vir my ’n hart wat U wil verheerlik.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie vir U versorging al verdien ek niks daarvan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.