Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor stil tye

sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. (Psalm 62:2, 6, 9)

“Here, ek erken dat ek sukkel om stil te raak en af te skakel. Ek wil U hoor praat, maar ek weet dat ek so dikwels my klagtes en behoeftes voor U neerlê en dan voortgaan met my dag sonder om eers te luister vir u antwoord. Help my om myself voor te berei om U te hoor praat. Om eerlik te wees, voel ek selfbewus om net daar te sit en nie te praat nie. Maak my asseblief leeg van my behoefte om gehoor te word of in beheer te wees van ons tyd saam. Mag ek bloot tyd in u teenwoordigheid deurbring sonder om my gebede te uit te spreek. Leer my om oor U na te dink en te luister vir u stem. Help my om te glo dat ek U sal hoor, en maak my hart gereed om U te hoor wanneer U met my praat.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Amen..dankie Here vir U kosbare geduld met my

ameli

Dankie Kosbare Vader dat ek kan stilword en by U voete sit. Amen