Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor vermoëns

stiltetyd-musiek-kitaar-man.jpg

Foto: pixabay.com

Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog veel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee is. (Lukas 12:48)

“Here, ek is dalk nie die sterkste, die vinnigste, die slimste of die mooiste nie, maar ek weet U kan my nog steeds vir groot dinge gebruik. Leer my dat die vermoëns wat U vir my gegee het slegs optimaal benut kan word wanneer hulle vir u doel gebruik word. Wys vir my wat my vermoëns en geestelike gawes is. Ek wil leer hoe om daardie gawes vir U te gebruik, en nie net vir myself nie sodat ek kan besef wat dit beteken om U te dien en te eer. Wys vir my hoe om my vermoëns by u plan in te pas sodat my lewe in u oë goeie resultate sal oplewer.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.