Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor werk

sout-man-dra-swaar-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (Kolossense 3:23-24)

“O God, wanneer ek verveeld is, voel ek so onproduktief. Selfs al voel dit soms of my werk my oorweldig, dank ek U daarvoor. Ek weet dit is deel van u plan vir my lewe, en ek weet dat dit vir U belangrik is. Wanneer ek pligsgetrou werk, ervaar ek sin en vreugde wat ek weer aan ander kan oordra.

Gee dat ek altyd sal onthou dat my werk die eienskappe van u werk moet weerspieël, soos uitnemendheid, besorgdheid oor ander se welstand, doelgerigtheid, innemendheid en diensbaarheid. Help my om te onthou dat ek eintlik vir U werk. Dan kan ek minder op die taak self fokus en meer fokus op wat my motiewe behoort te wees – om mense te help om U te leer ken.

Die opgewondenheid en belangstelling wat uit hierdie perspektief vloei, spruit nie hoofsaaklik uit my werk self nie, maar uit die Een vir wie ek werk. Terwyl ek dan my werk doen, help my om ’n geloofwaardige getuie te wees vir dié om my. Mag ek my werk sien as ’n geleentheid om U en ander te dien.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Amen en Amen

Here U is getrou aan U beloftes en U laat ons nooit vergeet van U waarheid nie. Om in U diens te staan is Heilig en daarom vra ek dat U my in die krag van die Heilige Gees sal help om so vir U te werk.

In die Naam van Jesus Christus
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.