Gedagte vir die dag: ’n Gebed van afwagting

see_brug_sonsondergang_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (Psalm 73:24)

“O God, my lewe is so vol geraas – en ongelukkig weerklink dit meer dikwels van luiende telefone en blêrende TV’s as van lof en aanbidding aan U. Raak ek ooit stil en wonder watter wonderlike dinge U dalk volgende vir my lewe beplan? Hoeveel asemrowende oomblikke van verwondering en afwagting loop ek mis omdat ek nooit stil raak by U nie?

Ek het u hulp nodig om myself te dissiplineer. Help my om ’n paar oomblikke van stil afwagting in elke dag in te bou, om tyd te maak vir gebed en om myself oop te stel vir dit wat U in en deur my wil doen. Ek bid, o God, dat U hierdie oomblikke sal gebruik om genoeg van u plan aan my te openbaar dat dit my gereed sal maak vir u doel in my lewe. Ek kom na U toe in verootmoediging en afwagting op die heerlike toekoms wat voor my lê.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
FM

Amen

Ons Here en Verlosser
maak my ontvanklik vir die Heilige stilte in saamwees met die Heilige Gees

Yvonne

Dankie Here vir n stilte tydjie saam met U…dat U gedagtes my gedagtes sal word..Amen