Gedagte vir die dag: ’n Gebed van belydenis

man_alleen_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. (Spreuke 28:13)   

“Genadige God, ek voel skuldig en my gewete kla my aan dat dit tyd is om my oortredings te bely. Ek weet dat U my dring om vergifnis te vra. Ek is jammer vir my oortredings. Ek is dankbaar dat U my nie verwerp wanneer ek gesondig het nie. Selfs my sonde kan vir U ’n geleentheid gee om my terug te bring op die regte pad.

Dankie, God, dat U my skuld wegneem, my vreugde herstel en my gebroke siel genees.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kiewiet ·

Baie interesant .Is hierdie n eenmalige gebed ? of verwaag die boustene vd 5 Solas ?

OW ·

Nee dit is nie ‘n eenmalige gebed nie.Geen gebed is eenmalig nie.Jy moet jou oortredings en sondes elke dag bely.Die 5 Solas staan vas soos 500 jaar gelede tydens die hervorming.

Kiewiet ·

Mag ek vra OW n Teoloog of gewoon Christen?
want my antwoord sal drasties op n andervlak wees as teoloog is
MAAR as Christen jou antwoord het teenstrydighede Solas en daaglikse vergifnes in een sin is nie waarskeinlik wat Calvyn of luther bedoel het nie
Tenspyte van wat ek bo se = Ek hou van jou antwoord as dit n persoonlike uitleef van jou Christenskap is !!!!!

OW ·

Ek is ‘n gewone christen met ‘n belangstelling in die teologie.Die teologie het egter baie teenstrydighede en sal lewenslank ‘n student daarvan bly.Die eerste 3 sinne van my boonste skrywe is my persoonlike siening.

Kiewiet ·

Jip so waar oor die teenstrydiges
St Anslem wat se “Faith seeking understanding “mag ons nooit ophou maar ons moet van n geloofsoogpunt werk .
Ons het ongelukkig deur die enlightment fase gegaan waar hulle nie regtig geglo het en geloof teen wetenskap probeer afspeel het, terwyl dit 2 verskillende wetenskappe is met verskillende vrae om te antwoord .
Deesdae is daar baie “faith” teoloe wat opstaan soos Bishop Baron Karl Keating , Ratzinger. Skokkend wat ek vind as dat bv die 3eenheid word deur die filosowe beskerm en af gekraak deur moderne teoloe, maar Karl Bart Karl Rahner ,Wolgang Smith is daar baie te leer by .
n Boekie wat ek baie geniet het is Gebed vd Hart van Willem Nickle

Sterkte faith en reaon is nooit teenmekaar dit is soos 2 vlerke van n duif !

OW ·

Ek stem saam met jou kiewiet.Die teenstrydighede wat daar is, tas gelukkig nie ons geloof aan nie.Vir my is die geloofsleer natuurlik die kern van ons bestaan,maar die teologie bly vir my baie interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.