Gedagte vir die dag: ’n Gebed vir geduld

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kolossense 1:11)

“Here, ek kom geduld kort! Ek is so gefokus op my eie agenda en prioriteite, en ek raak ongeduldig wanneer die lewe nie verloop soos ek wil hê dit moet nie.

Herinner my dat die lewe meer behels as om ’n program slaafs te volg. Maak my oë oop om u perspektief raak te sien, Here, sodat ek vrede kan ervaar, ongeag my omstandighede.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek mag vra vir meer geduld….ek verdien niks…U genade is vir my genoeg..Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.