
Foto: Reint Dykema.
Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. (Kolossense 1:9-10)
“God, ek bely dat ek dikwels onmiddellik volwassenheid in my geloof wil ervaar. Ek het nie die nodige geduld om daaraan te werk nie. Help my om te onthou dat geestelike groei net soos fisieke groei is: Ek moet klein begin, een dag op ’n slag aanpak en genoeg voeding inkry.
Ek weet dat ek dit kan vermag deur my verstand uit te daag deur u Woord te bestudeer, vrae daaroor te vra en dan antwoorde te soek deur gebed, ander gelowiges te raadpleeg en deur lewenservaring op te doen. Help my om elke dag as ’n bousteen te sien en om my daartoe te verbind om stap vir stap ’n goddelike lewe en karakter te bou.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Hy wat op die Here wag kry nuwe krag, hy vaar op met die vleuels van die arend en word nie mat nie, hy hardloop en word nie moeg nie.